|
Gewetenlose werkgewer skok 2006-10-12
EK wil kla oor die sakeluie wat bankrot gaan en dan dadelik weer ‘n ander besigheid oopmaak. Intussen ly hul afgedankte werknemers groot verliese. EK het by Pro Rugby sportswear op Wellington begin werk as verteenwoordiger in Oktober 2005. Die firma het sy eie webwerf gehad. Dit was ‘n BK met ‘n eie BTW nommer. Colin Rall, die eienaar, het gesê Eagle Wave is sy vrou se besigheid en hy het Pro Rugby begin. Op my kontrak en betaalstrokies het Eagle Wave gestaan, maar op daardie stadium het hulle dieselfde bankrekening gebruik. Einde April het hy my gebel nadat ek ‘n SMS gestuur het om te hoor waar is my salaris en gesê hy kan my nie betaal nie - ek moet vir my ander werk soek. Ek het ‘n saak gemaak by die CCMA en die saak gewen. Rall moes my op 10 Augustus uitbetaal het - wat hulle nie gedoen het nie. Toe ek vir hom bel, sê hy ek moet met sy vrou Marinda praat. Sy sê toe maar Eagle Wave is bankrot en ek het vir Eagle Wave gewerk. Ek het die likwidasiedokument gevra, maar nog niks gekry nie. Omdat hulle nie my UIF oorbetaal het nie, kan ek nie werkloosheidsversekering eis nie. Maar Colin ry ‘n nuwe kar. Colin het aan die begin van die jaar reguit vir my gesê hy skrik nie vir die Departement Arbeid of CCMA nie, so hy het geweet waarmee hy besig was. Ek het ook vir hulle ‘n bestelling gegee ‘n maand voor ek weg is en die bestelling is nooit na die kliënte toe nie. Hy het ook nie die geld terugbetaal nie, want hy het gesê die bestelling is te klein. Ek sit nou werkloos en sonder inkomste weens dié gewetenlose mense. Marietjie Geldenhuys Colin Rall reageer: Volgens die finaleCCMA uitspraak is die spertyd vir betaling 26 Oktober. Dit is wanneer die geld oorbetaal sal word.
|
Unconscionable employer shocks 2006-10-12 Rough translation to English I wish to complain about business people who declare bankruptcy and immediately open new businesses. In the meantime their employees suffer huge losses.
I worked for Pro Rugby sportswear in Wellington as a representative in October 2005. The had it’s own website. It was a CC (Close Corporation) with it’s own VAT number.
Colin Rall, the owner, said Eagle Wave is his wife’s business and that he started Pro Rugby.
On my employment contract and pay slips it said Eagle Wave, but at that stage both companies used the same bank account.
At the end of Aril I phoned after I had sent an SMS to hear where my salary was ad he said that he could not pay me – I should look for other work.
I made a case at the CCMA and won. Rall should have paid me on 10th October, which he did not do.
When I phoned him he said I should talk to his wife Marinda. She said Eagle Wave is bankrupt and I had worked for Eagle Wave.
I asked for a liquidation document, but still have not received it.
Because they did not pay over the UIF, I am unable to draw unemployment insurance. But Colin is driving a new car.
Colin said at the beginning of the year that he is not afraid of the Department of Labour or the CCMA, so he knew what he was doing.
I also gave them an order for a client a month before I left and the order was never delivered to the client. He also did not refund the money, and said the order was too small.
I am now unemployed and without a salary as a result of these conscienceless people.
Marietjie Geldenhuys
Colin Rall Response: According to the final CCMA decision the deadline for payment is 26 October. That is when the money will be paid. |
|
Rall loop baie mense in 2006-10-19
EK het ook al ‘n potjie geloop met Colin Rall (sien brief “Gewetenlose werkgewer skok” van 12 Oktober) en ek wil graag die publiek teen hierdie man waarsku. Colin Meads Rall het verskeie jong mense ingetrek by sy “ProRugby” besigheid. Bedrogklagtes is reeds teen hom aanhangig gemaak. Verskeie van sy werknemers het nie hulle salarisse gekry nie - drie van hulle kom ook nou na vore. Mnr Rall het groot bedrae by verskeie mense geneem in die Paarl, Riviersonderend en elders, maar met geen van hulle ooreenkomste nagekom nie. Baie van die gelde is deur sy vrou se Maatskappy “Eagle Wave” gekanaliseer. Uit al die huidige reaksies van mense by wie hy geld geneem het, lyk dit na by die R2 miljoen wat hy so bymekaargemaak het. Hy is tans besig met ‘n sogenaamde ProRugby Magazine en het reeds by verskeie ondernemings R5000 per advertensie gekollekteer. Die tydskrif is veronderstel om 26 Oktober die lig te sien. Korrespondensie met mnr Anthony Martin van die Moedermaatskappy in die VSA het bevestig dat hulle geen verbindinge het met Colin Meads Rall nie en dat hulle verstom is oor die huidige gebeure. Hy het geensins hulle toestemming om die naam ProRugby te gebruik nie. Mens wonder net hoeveel mense hy nog gaan inloop. Ook gevang!
|
Rall does many people in. 2006-10-19 Rough translation to English I have also had a run in with Colin Rall (see letter “Conscienceless employer shocks”) and I just wish to warn the public against this man.
Colin Meads Rall has recruited various young people to his “ProRugby” company. Fraud charges have already been made against him.
Various employees have not received their salaries – 3 of them have come to light.
Mr. Rall has taken large sums of money from people in Paarl, Riviersonderend and elsewhere, but has not concluded contracts with them.
Much of the money is channeled through his wife’s company Eagle Wave. From the current reaction from people, it would appear that he has collected R 2 Million.
He is currently busy with a so called proRugby magazine and has collected R 5000 from various organizations for advertising.
The magazine is suppose to be released on 26th October.
Correspondence with Mr. Anthony Martin of the parent company in the USA has confirmed that the have no ties to Colin Meads Rall, and that he is shocked at the events.
He has not given permission for the use of the name ProRugby.
One wonders how many people he will still defraud.
“Also caught out!” |
|
(V)lieg soos ’n arend 2006-10-26 Malané Bosman NOEM die naam Colin Meads Rall, woekeraar van Wellington, en jy hoor: “Die liegbek, ek sal teen hom getuig in die hof, sê net waar en wanneer.” Party ken die eienaar van Eagle Wave Promotions, oftewel ProRugby, as Colin Meads, die ander ken hom as Colin Rall, maar almal is dit eens: “Dié man gee vir Wellington ’n slegte naam.” Terwyl aanklagte van bedrog van sover as Mpumalanga en Riviersonderend vanjaar teen hom aanhangig gemaak is, is onlangs in die Wellingtonse landdroshof ’n skuldvonnis teen ProRugby gevel. Hy het die afgelope jare gereeld met die gereg gebots, met skuldigbevindings vir diefstal en bedrog in die Strand en Bellville, uitstaande bedrogsake teen hom in Porterville, Kaapstad en Kuilsrivier, en ’n bedrogsaak in Mosselbaai wat teruggetrek is. Rall en sy vrou Marinda het vier jaar gelede uit die Strand na Wellington verhuis. Hulle is nou kennis gegee om uit hul huurhuis te Rosestraat 11 te wees. Die Ralls het die sportpromosiefirma Eagle Wave op Wellington begin. Dit was egter nie ’n arend wat daar kom land het nie, meen dorpenaars vandag, “dit was ’n aasvoël”. Onbewus van wat sou volg, is ’n vennoot in die saak ingetrek. Sy is genoeg heuning om die mond gesmeer om R400 000 te belê. Die afgelope weke het voormalige werknemers en beleggers by die Paarl Post begin aanklop om “die gladdebek wat almal belieg” aan die kaak te stel. Voormalige werknemer Marietjie Geldenhuys het haar eis teen Rall by die CCMA gewen, maar Rall het daarteen geappelleer. Sy kan nie werkloosheidsversekering eis nie, want Rall het nooit haar werkloosheidsbydraes oorbetaal nie. Ná Oktober verlede jaar het Rall groot bedrae geld - bykans ’n miljoen rand - by mense geneem om in te koop in sy ProRugby. ProRugby, geskoei op die naam van ’n Amerikaanse firma, is volgens die Kaapstadse regsfirma wat die handelsmerk sou registreer, “nie in Suid-Afrika geregistreer nie”. Tweelingbroers Werner en Wynand Ferreira van Riviersonderend het in Januarie ’n franchise van ProRugby van Rall gekoop. Die seuns het die R200 000 wat hulle met werk in London gespaar “Rall het nie sy ooreenkomste nagekom nie,” sê die inkopers in “ProRugby SA Sports cc”. ’n Boere-egpaar van Mpumalanga, André en Susan Botha, het ingekoop in die agentskap en sou T-hempe en ander promosie-artikels aan skole en sportklubs in Mpumalanga en Gauteng area kon verkoop. Hulle probeer nou onderhandel om die R200 000 wat hulle voorgeskiet het, van Rall te verhaal. In die Paarl is voormalige Gimnasium Hoërskool rugbyspeler Jean van der Walt (21) uit R180 000 bedrieg, sê sy moeder, Magda, van Foxglovestraat. “Wie kan nou wen teen ’n gewetenlose mens wat na bewering die Chippendales na Suid-Afrika sou bring en met derduisende rande weggeloop het toe die konsert nooit gehou is nie,” vra Magda. Rall het ná die bedanking van sy vorige twee werknemers, vanjaar weer twee konsultante in diens geneem. Hulle is nou reeds drie maande sonder salaris en is erg in die knyp. Hulle moes hul eie voertuie en brandstof gebruik vir die firma. Rall beweer sy werknemers het “nie perform nie” en dat hulle “nie hul kontrakte nakom nie” of dat hy ondersoek instel na hul “onetiese gedrag”. Dan dreig hy met lastereise teen diegene wat dit durf waag om aantygings teen hom as baas en besigheidsman te maak. Die twee nuwe werknemers is aangestel om adver-tensies te verkoop en Eagle Wave se nuwe produk, ’n sporttydskrif gemik op skole, te bemark, sê Rall. Hy beoog glo om ’n glanstydskrif, die SA Schools Sports Magazine, vandag die lig te laat sien. Maar die koerantvrou wat die uitleg van die sogenaamde tydskrif vir hom gedoen het, sê: “Daar sal beslis niks van kom nie. “Die uitleg is slegs gebruik om beleggers en advertensies te werf." Rall was hierdie week nie bereikbaar nie, maar voorverlede week het hy gesê dat daar al sowat R60 000 aan advertensies in die glanstydskrif betaal, terwyl 80 persent van adverteerders wag dat die boek van die pers is voordat hulle opdok. Rall se ProRugby webwerf is intussen opgeskort en die webwerf vir ’n SA Schools Sports Magazine bestaan nie meer nie. Al die aanklagte van bedrog van oor die land word nou by Wellington polisiestasie geregistreer en sal as een dossier ondersoek word. Die man met dieselfde naam as die eertydse vinnige Kiwi-flank Colin Meads, is dalk net so glibberig, maar nie met ’n bal op die rugbyveld nie, sê 'n belegger. Mense wat meen dat hulle deur Rall ingeloop is, kan Wellington speurhoof, supt Leon Laubscher, by 873-2913 skakel. * Police are investigating the business practices of Colin Meads Rall, owner of Eagle Wave Promotions and ProRugby in Wellington.
|
(F)lies like an eagle 2006-10-26 Malané Bosman - Rough translation to English Mention the name Colin Meads Rall, usurer (woekeraar) from Wellington, and you’ll hear, “The liar, I will give evidence in court, just tell me when.”
Some know the owner of Eagle Wave Promotions, aka ProRugby, as Colin Meads, other as Colin Rall, but everyone agrees, “The man gives Wellington a bad name.”
While charges of fraud from as far a field as Mpumalanga and Riviersondered have been made against him this year, the Wellington Magistrates court recently issue a judgment against ProRugby.
He has been at loggerheads with the law for a few years, with judgements for fraud and theft in the strand and Bellville, outstanding cases against him in Porterville, Cape Town and Kuilsriver, and a fraud charge in Mosselbay that was withdrawn.
4 years ago, Rall and his wife Marinda moved from the Strand to Wellington, They have now been given notice to vacate their rented house at 11 Rose Street.
The Rall’s started the Sports Promotion business Eagle Wave in Wellington. In the inhabitant’s opinions, it was not an Eagle that landed, “it was a vulture”.
Unaware of the consequences, an investor was enticed. She was flattered/romanced into parting with R 400 000.
The past week, former employees and investors began petitioning the Paarl Post to address the “smooth mouthed liar”.
Former employee Marietjie Geldenhuys won her case at the CCMA, but Rall appealed against it.
She cannot draw unemployment insurance, because Rall has not paid the contributions to the Department of Labour.
Since October last year (2005), Rall began canvassing investments in his ProRugby.
ProRugby, based on the name of an American firma, is according to a Cape Town patent attorney, “not registered in South Africa”.
Twin brother Werner and Wynand Ferreira from Riviersonderend bought a franchise in January for Prorugby from Rall.
The brothers who were building a future in South Africa, lost the R 200 000 they earned from working in London.
“Rall did not honour his agreement” said the investors in “ProRugby SA Sports cc”.
A farming couple from Mpumalanga, Andre and Susan Botha, bought into the franchise, with the intention of selling Tee Shirts and ther promotional articles to schools and sports clubs in the Mpumalanga and Gauteng areas.
They are now trying to negotiate the recover the R 200,000 they advanced.
In Paarl, the former Gymnasium High School rugby player Jean van der Walt(21) was defrauded of R 180,00 said his mother Magda, of Foxglove Street.
“Who can win against a conscienceless person that apparently was going to bring the Chippendales to South Africa, and walked away with the money when the show was not held”, asked Magda.
After the Resignation of his 2 previous employees, Rall employed a further 2 employees.
They have now gone without salary for 3 months and are in dire straits.
They had to use their own vehicles and petrol for the firm.
Rall is suggesting that, they either didn’t perform, or did not comply with their contracts, or that he is investigating unethical conduct.
He is also threatening defamation charges against anyone who dares to question him as boss and business owner.
The two new employees were employed to sell advertising in Eagle Waves new product, a sports magazine aimed at schools, said Rall.
He intends to launch a glossy magazine, the “SA Schools Sports” Magazine, today.
But the newspaperwomen that did the layout of the magazine for him said, “Definitely nothing will come from this”.
“The layout was only used to entice investors and advertisers”.
Rall was not contactable this week, but last week he said that R 60 000 in advertising has been paid, while 80% of the advertisers are waiting for the book to be printed before paying.
Rall’s website ProRugby has been suspended and the website for “SA Schools Sports Magazine” is also no longer accessible.
All the charges of fraud from across the entire country are being evaluated at the Wellington Police station as will be collated as one dossier.
This man with the same name as the erstwhile Kiwi Flanker Colin Meads, is perhaps just as elusive, just not with a ball on the rugby field said one investor.
People who were done in by Rall, can contact the Wellington Inspector, Superintendent Leon Laubscher on 873 29 13.
|
|
Rall doen die rondte 2006-11-09
TERWYL klaers toustaan met inligting oor beweerde onreëlmatige doen en late van Colin Rall, sakeman van Wellington, vorder die ondersoek van die polisie. Voormalige werknemers by sy firma ProRugby is maande lank nie betaal nie. Firmas by wie daar promosie-artikels bestel is, soek betaling. Besighede wat geld vooruit betaal het vir promosie klere wat nooit afgelewer is nie, eis terugbetaling. Mense wat ingekoop het in die besigheid, soek hul geld terug omdat “beloftes nie nagekom word nie en kontrakte verbreek word”. Ook ’n prokureur wat vroeër die Ralls verteenwoordig het, het ’n klag van bedrog aanhangig gemaak toe sy tjek “gehop” het. Intussen wag skuldeisers vergeefs voor die deur van Rosestraat 11, waaruit die Ralls hul besigheid bedryf het. Colin, sy vrou Marinda en hul kinders het gepak en is uit Wellington weg, Bellville toe. Die vier skoothondjies is by die hondehokke afgelaai, sê kennisse.Die seun en dogter word nog na ’n laerskool op die dorp aangery. Rall antwoord nie meer sy selfoon nie en die spasie vir boodskappe is vol. Die ProRugby logo is van sy motor afgehaal. “Ons sal seker nooit ons salarisse sien nie,” het voormalige werknemers verslae gesê. Marietjie Geldenhuys moes verlede week, op sy aandrang, vir Rall by die News Café in Bellville ontmoet. Hy skuld haar R26 000 en is reeds in Augustus deur die Arbitrasiehof van die Departement Mannekrag (CCMA) beveel om die geld oor te betaal. “Hy het weereens nie opgedaag nie. Toe ek hom skakel, het hy gesê sy vrou sal die volgende dag die geld in my bankrekening sit. “Dit is nou nog nie gedoen nie. Die Departement Mannekrag neem hom nou hof toe. “Dié man het my hele lewe opgemors, en so ook baie ander mense s’n. Ek wil graag by wees as hy die dag opgesluit word,” het Geldenhuys gesê. Van die skolesporttydskrif waarvoor Rall in die Boland advertensies verkoop het en wat verlede week sou verskyn, is daar geen teken nie. “Dié adverteerders, so ook ’n drukkery waar pamflette teen R11 000 voorberei is, kan maar vergeet. Colin het die pad gevat,” het ’n Wellingtonner gesê. “En dan sal daar steeds mense wees wat hom vertrou. Dis hoekom hy so ’n groot borg was by ’n laerskool, vir beeldbou. “Ander weet beter, soos met die Kerspartytjie wat vir ’n kinderhuis op die dorp gereël sou word en waarvoor daar borge gesoek is. Die vrou wat die borge genader het, het betyds lont geruik.” Voormalige werkers en kontakte het na kliënte teruggegaan, en hulle om verskoning gevra omdat die tydskrif nie verskyn en bestelllings van klere nooit afgelewer is nie. “Ons kan maar net sê ons is jammer. Hulle het ons vertrou en advertensies geplaas en geld inbetaal vir ProRugby, en so duisende rande verloor.” Mense met inligting of navrae kan speur-insp David Manthey op Wellington 873-2913 skakel. * Wellington businessman Colin Rall seems to be running away from allegations of fraud and debt.
|
Rall doing the rounds 2006-11-09 Rough translation to English While complainants are queuing with information of unethical behaviour or Colin Rall, businessman of Wellington, the police investigation proceeds.
Former employees of his firm ProRugby have not been paid for months. Firms that provided promotional articles, seek payment.
Companies that paid in advance for promotional clothing that was never delivered seek refunds.
Investors in the business, also seek refunds after “promises were not kept and contracts were broken”.
Even an attorney that formerly represented the Ralls has laid a charge after his cheque bounced.
In the meantime creditors wait in vain outside the door of 11 Rose Street, from where the Ralls ran their business. Colin, his wife Marinda and their children, have packed up and left Wellington, and gone to Bellville.
The four lapdogs were drop off at the pound, said acquaintances. The son and daughter are still being driven to the junior school in the town.
Rall is not answering his cellphone and the message queue is full. The ProPrugby logo has been removed from his vehicle.
“We will probably never see our salaries”, said former employees.
Marietjie Geldenhuys, was supposed to, at the insistence of Rall, meet him at the News Café in Bellville. He owes her R 26,000 and was already ordered to pay in August, by the Arbitration Court of the Department of Manpower (CCMA).
“He again did not show up. When I phoned him, he said his wife would put the money in my account the following day.”
“It is still not done. The department of Labour is now taking him to court.”
“The man ruined my whole life, and so many other peoples. I would like to be present the day they lock him up,” said Geldenhuys.
The is no sign of, the School Sports Magazine that Rall was selling advertising for in the Boland.
“The advertisers, as well as a printer where pamphlet’s were prepared at R11,000 can forget. Colin has hit the road,” said a Wellington resident.
“And there will still be people that trust him. That’s why he was such an assets at a junior school for self-image building”.
“Others know better, like with a Christmas party at a children’s home in the town that was looking for sponsors. The women who approached the sponsors, smelt a rat.”
Former workers and contacts, have been back to clients to apologise to the magazine that did not appear and clothes that were not delivered.
“We can only apologise. They trusted us and placed advertising, and paid money t ProRugby, and lost thousands of Rands.”
People with information or questions and contact detective inspector David Manthey in Wellington 873 29 13.
|
|
Colin Rall sit agter tralies 2006-11-23
VERLEDE week nog het Colin Rall van Wellington saam met sy vrou hul sakebedrywighede as wettig voorgehou. Vandag deel hy ’n sel met meer as 40 verhoorafwagtendes by Allandale gevangenis. Sy vrou, Merinda, is op borgtog van R3000 vrygelaat en gewaarsku om op 6 Desember weer in die Wellingtonse landdroshof te verskyn. Rall self het nie vir borgtog aansoek gedoen nie, terwyl die ondersoekbeampte, speurinspekteur David Manthey, sy vorige veroordelings nagaan en die staat se saak teen die beweerde bedrieërs voorberei. Hy sal weer op 7 Desember in die hof verskyn, voorlopig aangekla van bedrog van omstreeks R200 000 nadat 'n tweelng van Riviersonderend geld in ProRugby, ’n sogenaamde sakeonderneming van die Ralls, belê het. Die staat sou in ieder geval borg teengestaan het omdat Rall voorverlede week die land uit is en op Heathrow lughawe by Londen ’n draai gemaak het. Hy is egter nie in dié land toegelaat nie. Voormalige werknemers het die afgelope weke oor wanbetaling by die polisie, prokureurs en Departement Arbeid (die CCMA) aanklagtes teen die Ralls gemaak. Daar is toe vasgestel dat Rall vorige veroordelings van bedrog en diefstal het. Individue, sakemanne en skole wat glo ook ingeloop is, het by die dosyne begin navraag doen oor die wettigheid van In die meeste van die gevalle moes die polisie die klaers na die siviele hof verwys. Enkele sake word egter as kriminele bedrog of diefstal ondersoek. Dit sluit in 'n vals bewys vir R12 600 wat aangebied is ná beweerde elektroniese betaling vir die huur van 'n voertuig Die Ralls het drie weke gelede haastig uit Wellington vertrek, waar hulle vier jaar gewoon het. Die ondersoek na onwettige bedrywighede strek van Wellington tot sover as Gauteng, Riviersonderend, Mosselbaai, Strand, Brackenfell, Goodwood en Kaapstad. In ’n skrywe aan die Paarl Post hierdie week, sê Arthur Briggs van Kaapstad dat hy ’n maand gelede deur Rall genader is om SA School Sports Magazine te begin. “Hy het ’n weergawe van ’n vorige tydskrif by hom gehad, en het gesê dit was nog nie gepub-liseer nie, omdat hy nie tevrede was met die kwaliteit van die werk nie. “Die boek is volgens die indeks deur Amanda en Gideon Kreitzer saamgestel, wie, glo ek, ook nie vergoeding sal ontvang vir hul werk nie. “Ongelukkig is ek ook ingetrek om ’n tydskrif te ontwerp wat nooit ’n drukker sal sien nie. Ná paniekbevange oproepe van adverteerders wat reeds vir Colin betaal het en nie weer met hom kon kontak maak nie, het ek besef daar is groot fout. “Ek kon hom ook nie bereik nie, nie op twee selfone, ’n landlyn of per epos nie. Hy het ook nie vir afsprake opgedaag nie. “Hy is boonop vort met my duur digitale kamera (om glo foto’s te neem van ’n adverteerder se winkel). “Ek glo sy vrou en een van sy broers (in Engeland) werk almal saam om mense uit hul geld te bedrieg. “Colin is reeds ’n vyfjaar vonnis opgelê vir bedrog (hy is na enkele maande op parool vrygelaat) en hy kan nie ’n bankrekening open nie. So is Merinda - en ander mense se rekeninge ook - gebruik vir geld van slagoffers. “Ek hoop dat almal wat geld deur die Ralls verloor het, die polisie of ’n prokureur sal kontak. Hoe meer sake teen hom, hoe groter is die kans dat hy sy skuld aan die gemeenskap sal betaal en lank agter tralies sal bly.” * A Wellington man is behind bars after being arrested for fraud.
|
Colin Rall behind bars 2006-11-23 Rough translation to English Until last week Colin Rall of Wellington and his wife were suggesting their business operations were legal. Today he is sharing a cell with 40 other awaiting trial prisoners at the Allandale Prison.
His wife, Marinda, was release on bail of R 3000 and warned to appear on 6th December in the Wellington magistrates court.
Rall has not applied for bail, while the investigator David Manthey, researches his previous convictions and prepares the case against the alleged fraudster.
He will appear in court again on 7th December, provisionally on a charge of fraud of approximately R 200,000 after twins from Riviersonderend invested money in ProRugby, a so called business venture of the Ralls.
The state would in any case have opposed bail because Rall attempted to skip the country the previous week, but was denied entry into the UK at London’s Heathrow airport.
In recent weeks, former employees have also laid charges against the Ralls at the police, lawyers, and the Departments of labour (CCMA)
It has been established that Rall has precious convictions for fraud and theft. Individual, businessman and schools that were conned, have also begun to question the legality of ProRugby and the Sports Magazine which he was collecting advertising for.
In the majority of cases, the police have had to refer them to civil claims court.
In a few cases are however, criminal fraud is being investigated. This includes a false proof for R 12,600 that was tendered as proof of payment for the hire of a vehicle.
The Ralls vacated Wellington 3 weeks ago, where they had been resident for 4-years. The investigation into illegal activities stretches as far a field as Gauteng, Riviersonderedn, Mosselbay, Strand, Brackenfell, Goodwood and Cape Town.
In an article to the Paarl Post this week, Arthur Briggs of Cape Town advised that he was approached a month ago to start SA School Sports Magazine.
“He had a previous edition of the magazine with him, and said it had not been published yet as he was dissatisfied with the quality of the work.”
“According to the index the book was compiled by Amanda and Gideon Kreitzer, who apparently will also not receive compensation for their work.”
“Unfortunately I was also drawn in to develop the magazine that will never see a printer.”
“Following panicked calls from advertisers that had already paid Colin, and had not heard from him again, I began to realise there was a problem.”
“I could also not reach him per cellphone, landline or email. He also missed meetings.”
“He also absconded with my digital camera (To take photo’s of an advertisers store).”
“I believe his wife and one of his brothers (in England) are working together to defraud people of their money.”
“Colin has already had a 5-year sentence for fraud (he was recently released on parole) and he can’t open a bank account.”
That’s how Marinda – and other peoples bank accounts as well - were used for the victims money.
“I hope that everyone that lost money through the Ralls contacts the police or a lawyer. The more cases against him, the better the chance that he will pay his debt to society, and spend a longer time behind bars.”
|
|
Borgaansoek vir Kersfees 2006-12-14
DIE borgaansoek wat Colin Rall, beweerde bedrieër van Wellington, oor die Kersgety uit die tronk kan bevry, word Maandag in die hof aangehoor. Borgtog van R3000 is reeds aan sy vrou, Merinda, toegestaan. Die Ralls word aangekla van bedrog van R200 000, ’n belegging in hul sogenaamde promosiemaatskappy, ProRugby. Die ondersoekbeampte, insp David Manthey, sal die borgtog teenstaan in die lig van vorige veroordelings, onvoltooide ondersoek na nog aanklagte en die feit dat Rall kort voor sy inhegtenisname na Engeland gevlieg het. Hy is op die lughawe voorgekeer en teruggestuur deur die Britse owerhede. Rall sou verlede Donderdag sy eie borgaansoek hanteer, maar het ter elfder ure besluit om die bystand van ’n regshulpprokureur in te roep. Sy fyngeboude vrou met lang rooibruin hare, het dié dag arms oor haar bors gevou, woordeloos in die hofbanke gewag dat ’n besluit oor die uitsteldatum geneem word. Colin self moes in die hofselle wag nadat hy en ander * A Wellington businessman Ciolin Rall, arrested for fraud will apply for bail before Christmas.
|
Bail Application for Christmas 2006-12-14 Rough translation to English The bail application for Colin Rall, alleged fraudster from Wellington, to release him over the Christmas period, will be heard in court on Monday.
Bail of R 3000 has already been granted to his wife Marinda.
The Ralls are charged with fraud in the amount of R 200,000 an investment in their so-called promotions company, ProRugby.
The investigating Officer, Inspector David Mantey, will oppose bail in the light of previous convictions, and incomplete investigation on further complaints, and the fact that Rall tried to flee to England shortly before his arrest.
He was arrested and deported by British authorities.
Rall was supposed to submit his own bail application last Thursday, but at the 11th hour decided to call in the help of a legal aid lawyer.
His fine set wife with long auburn hair folded her arms, and silently waited in the court for a decision on the next hearing date.
Colin had to wait in the court cells while he and others awaiting trial prisoners who had earlier that morning been transported by police vehicle from Allandale prison to the court.
|
|
Rall agter tralies vir Kersfees 2006-12-20
DIE beweerde bedrieër van Wellington, Colin Rall, sal Kerstyd agter tralies bly sit, nadat sy borgaansoek weer eens uitgestel is. Rall word saam met sy vrou, Merinda, aangekla van bedrog van R200 000, ’n belegging in hul sogenaamde promosiemaatskappy, ProRugby. Rall sou Maandag in die Wellington landdroshof om borg aansoek doen, maar nadat nog ’n lasbrief vir bedrog in Bellville vir hom uitgereik is, is die saak uitgestel tot 12 Januarie.
|
Rall behind bars for Christmas 2006-12-20 Rough translation to English The alleged fraudster from Wellington, Colin Rall, will spend Christmas behind bars, after his bail application was again delayed.
Rall, along with his wife Marinda, are accused of fraud of R 200,000, an investment in their so-called promotions company, ProRugby.
Rall would have applied for bail in the Wellington magistrates court on Monday, but after another arrest warrant was issued in Bellville against him, the case was postponed till 12th January (2007).
|
|
Rall na nuwe tronk 2007-03-29
DIE vermeende Wellingtonse bedrieër Colin Rall is van Allandale gevangenis oorgeplaas na Goodwood gevangenis, nadat sy saak na die Khayelitsha Streekhof verskuif is. Volgens ’n regsgeleerde is die saak daarheen oorgeplaas sodat die hofverrigtinge by ’n meer gesentraliseerde punt gevoer kan word. Rall en sy vrou, Merinda, word van verskeie voorvalle van bedrog aangekla wat na bewering strek van Wellington en Kaapstad tot Gauteng. Rall, wat reeds vorige veroordelings vir bedrog en diefstal teen hom het, word ondersoek vir onder andere bedrog van R200 000 wat ’n belegging in hul promosiemaatskappy ProRugby was. Merinda is op R3000 borgtog, terwyl Rall agter tralies sit.
|
Rall transferred to new prison 2007-03-29 Rough translation to English The alleged Wellington fraudster Colin Rall has been transferred from the Allandale prison to the Goodwood prison, after his case was transferred to the Khayelitsha regional court.
According to lawyers, the case was transferred so that the case could be conducted at a more centralised point.
Rall and his wife Marinda, are charged on various charges of fraud stretching from Wellington and Cape Town to Gauteng.
Tall, who already has previous convictions for fraud and theft, is being investigated for amongst other things, fraud of R 200,000, which was an investment in their promotions company ProRugby.
Marinda is out on R 3000 bail while Rall remains behind bars.
|
|
Rall woeker weer 2007-09-20
DIE vermeende swendelaar wat talle Wellingtonners reeds duur te staan gekom het, Colin Rall, is na bewering terug met sy ou streke. Dit het verlede jaar geblyk dat Rall en sy vrou, Merinda, se eskapades tot ’n einde gekom het nadat die Paarl Post intensief berig het oor hul ongerymde besigheidspraktyke. Albei is van bedrog aangekla, waarna Merinda op borgtog van R3000 vrygelaat is, terwyl Rall vir maande lank agter tralies moes sit. Die Ralls het die sportpromosiefirma Eagle Wave, wat gehandel het as Pro Rugby, op Wellington begin. Hierdeur het hy talle mense oorreed om geld in die besigheid te belê wat rugby-artikels bemark het. Van dié beleggings het daar egter niks gekom nie. Aanklagte van bedrog van sover as Mpumalanga en Riviersonderend is al aanhangig gemaak teen Rall. Klagtes van bedrog teen hom het landwyd kop uitgesteek daarom is die saak eers na die Khayelitsha Streekhof oorgeplaas, en toe na die Bellville bedrogtak. Rall is onlangs op borgtog van R15 000 vrygelaat en volgens ten minste een klaer het hy na bewering twee skootrekenaars by sy rekenaarmaatskappy in die Strand gesteel toe hy vervalste inligting verskaf het vir die huurkoop daarvan. Die Strand polisie ondersoek tans die klag. As Rall wel positief verbind word met dié klagtes kan hy volgens sy borgvoorwaardes hom dadelik weer agter tralies bevind. Dit is tans onduidelik waar die Ralls tuisgaan. * The alleged fraudster Colin Rall is once again being accused of fraud and theft.
| |
|
Rall weer agter slot en grendel 2007-10-04
DIE vermeende bedrieër van Wellington, Colin Rall, is terug agter slot en grendel. Rall is onlangs op borgtog van R15 000 vrygelaat uit die Goodwood-gevangenis waar hy aangehou is op verskeie aanklagte van bedrog. Maar Rall is oënskynlik nie afgeskrik deur die swaard van die gereg wat oor sy kop hang nie. Skaars is hy weer op vrye voet of hy is na bewering summier terug na sy ou streke. Hierdie nuutste aanklagte spruit uit die aankoop van 15 skootrekenaars op ’n bedrieglike manier in die Strand terwyl hy op borg was. Die 37-jarige Rall is Maandagaand vasgetrek waar hy geskuil het by ’n rugsaktoeriste-akkommodasieplek op Stellenbosch. Onder die slagoffers van Rall se vermeende misdrywe is beleggers van Wellington wat geld belê het in sy sportpromosiefirma Eagle Wave, wat gehandel het as Pro Rugby. Die geld wat in dié besigheid belê is, het egter soos mis voor die son verdwyn. Rall se vrou Merinda, is na bewering kop in een mus met haar man se bedrywighede. Sy is verlede jaar saam met Rall in hegtenis geneem, maar is kort daarna op R3000 borgtog vrygelaat. Dit is tans onseker waar sy haar bevind. Die polisie versoek diegene wat reeds sake teen Rall gemaak het of wat klagtes teen hom wil lê, om vir supt Carelse Lourens te skakel by 021-950-1345. ’n Woordvoerder van die polisie het gesê dat Rall nie vinnig weer op straat sal wees nie, want nie net is daar nuwe klagtes van bedrog teen hom hangig gemaak nie, maar hy het ook sy borgvoorwaardes verbreek. * The alleged fraudster Colin Rall is behind bars again after defrauding more unsuspecting victims shortly after his release on bail.
|